“To make the right choices in life, you have to get in touch with your soul. To do this, you need to experience solitude, which most people are afraid of, because in the silence you hear the truth and know the solutions.” Deepak Chopra
Fiona Brophy is onlangs aangestel as die nuwe maatskaplike werker by Sunfield Home. Sy is 57 jaar oud, gebore in Kaapstad, maar het in plattelandse dorpe soos Grabouw, Villiersdorp en Ceres grootgeword. Sy het Maatskaplike Werk by Kaapstad Universiteit studeer en baie later haar meestersgraad by Stellenbosch Universiteit voltooi. Sy is baie lief vir haar werk en die mense waarmee sy werk.
Fiona het ‘n lang en interessante loopbaan agter haar, waar sy in verskeie velde, insluitende kinderwelsyn, huishoudelike geweld, skuilings vir mishandelde vroue, palliatiewe sorg, gemeenskapsontwikkeling, berading vir plaaswerkers, jeugontwikkeling en rehabilitasiesentrums gewerk het.
Sy is geskei en het twee seuns, onderskeidelik 24 en 26 jaar oud, wat beide gereis en tans aan Stellenbosch Universiteit studeer. Sy is baie naby aan haar moeder en suster wat in Somerset-Wes en Wellington woon.
Sy beskou die posisie by Sunfield Home as ‘n geskenk, aangesien Suster Cherryl haar daarvan vertel het tydens haar verjaardag in Maart. Cherryl en Fiona was kollegas by die Drakenstein Hospice gedurende 2008. Tydens 2009 het sy as vrywilliger by Sunfield Home gewerk en koester kosbare herinneringe van hierdie tyd. Sy het gehoop op ‘n posisie nader aan Wellington toe sy in Mei 2020 hierheen verhuis het.
Fiona is baie beïndruk met en geïnspireer deur die warmte, professionele aanslag en idees van die personeel en bestuur by Sunfield Home. Sy sien baie daarna uit om by die bestuurspan, wat mekaar goed aanvul, aan te sluit ten einde bykomende dienste, wat die emosionele versorging van die inwoners en hulle families kan bevorder.
“Ek wil luister om te verstaan, leer by en sien wat deur die inwoners, personeel, families en bestuur as die uitdagings beskou word en toepaslike dienste hiervoor te implementeer. Ek is ‘n praktiese en veelsydige persoon wat daarin glo om mense volgens hulle sterkpunte te bemagtig. Ek wil mense help om hul vaardighede en talente aan te wend.”
Fiona glo dat die samelewing dringend die ligvervulde en liefdevolle teenwoordigheid van mense met intellektuele gestremdhede nodig het. Hierdie mense het oop harte, hulle is eerlik en in aanraking met die kind in hulself. Sy glo die wêreld is besig om op ‘n positiewe manier te verander en is oortuig dat meer mense met intellektuele gestremdes kan skakel deur ons gemeenskaplike menslikheid eerder as om ons verskille te vrees.
Aangesien sy verskeie van haar eie lewensuitdagings beleef het, glo sy dat sy baie lewenservaring opgedoen het …. ons grootste leermeester. Sy is gemotiveerd deur die oortuiging dat ons ware menslike natuur goed, sagmoedig, kreatief, weerbaar en liefdevol is en dat vrees en die gevolge daarvan aangeleer is. Sy wil graag ander lei om bewus te word van hul innerlike skoonheid en krag.
“Ons is soveel meer as wat ons dink ons is of wie ons gesê word ons is.”
Fiona geniet dit om te lees, nuwe dinge te leer, is lief vir die natuur, die see, geniet skryf, lang staptogte, om te reis en tyd alleen en in stilte te spandeer. Sy is nie lief vir groot byeenkomste nie. Sy verlang dieper een tot een gesprekke en wil altyd mense aanmoedig om hul eiewaarde raak te sien.
Ons glo dat sy hierdie bande by Sunfield Home sal kan sluit. Baie welkom Fiona!