021 873 5038 | 021 007 0034 elmarie@sunfieldhome.co.za

Magda Viviers, een van die mees geliefde bestuurders van Sunfield, het by geleentheid gesê dat haar lewe eers hier aan die voet van Bainskloof, tussen die Sunfielders, werklik begin sin maak het.

Sy, wat aanvanklik aansoek gedoen het as sekretaresse, het uiteindelik bestuurder van Sunfield geword.  Een wat bekend was vir die liefde en vreugde wat van haar uitgegaan het.  In haar teenwoordigheid het die inwoner geborge gevoel, maar meer nog, geliefd. Verder het Magda die kuns verstaan om die groter Wellingtonse gemeenskap ook by Sunfield betrokke te maak. Haar entoesiasme was eenvoudig onweerstaanbaar.

Ons wat haar geken het, sal haar seker om verskillende redes onthou. Vir my staan ‘n toneeltjie uit wat afgespeel het tydens die laaste jaarvergadering voor haar uittrede. Sy was aan die woord en die atmosfeer was emosioneel gelaai.  Stadig het een van die Downsindroom-outjies van sy sitplek afgegly tot in die paadjie.  Om so min kommosie as moontlik te veroorsaak, het hy gebukkend so half gekruip-loop tot by Magda, waar hy hom aan haar een been vasgeklamp het.

Een van die personeellede was dadelik by om hom te verwilder. Maar sonder om haar toespraak te onderbreek, het Magda dit afgewys en voortgegaan. Met haar notas in die een hand, het sy met die ander die seun se kop aanhou streel tot ‘n geluksalige glimlag oor sy gesig gebrek het waar hy aan haar bly hang het.

So was Magda. Toegewy and warm.
Rita Gilfillan

Hier is ons gesin se onthou van Magda Viviers:

Toe David, ons seun,  in 2003 deel van die Sunfieldfamilie geword het, was Magda Viviers as onder-bestuurder die moederfiguur wat hom verwelkom het. Dit was kort daarna wat sy as bestuurder by Dawie de Villiers oorgeneem het.  Danksy haar het ook Esther ‘n paar jaar later plek by Sunfield gekry.  David en Esther onthou haar albei as ‘n vriendelike en liefdevolle ma vir hulle. Sy het hulle naby aan haar toegelaat en verwelkom. Sy was altyd reg vir ‘n drukkie kry en ‘n drukkie gee.  Haar warmte het hulle altyd veilig by haar laat voel. Beide van hulle het elke oggend eerste ding vir Magda en die personeel in die kantoor gaan môre sê.

Magda het vir Sunfield en al die inwoners wat daar woon, geleef. Sy het selfs hul Special Olympics byeenkomste bygewoon en elke deelnemer ondersteun.  Menige inwoner het in haar arms daagliks bevestiging en troos gekry.

Ons onthou vir Magda met groot waardering. Onder haar leiding het Sunfield vir ons twee kinders ‘n tweede huis geword.

Mag die Here haar familie versterk om die impak van haar dood te kan dra en mag Hy hulle diep troos en genees van die seer wat haar dood veroorsaak.
David en Esther en hul ouers, David en Estelle.

Magda was ‘n merkwaardige mens in vele opsigte. Haar naam, Magda, beteken geluk of gelukkig en dit is presies soos ek haar sal onthou, altyd met ‘n glimlag. Geen opoffering was vir haar te veel nie. Sy het ‘n passie vir die saak van die gestremde persoon gehad en spesifiek vir ons Sunfield inwoners, sy was almal se “Ma”, het altyd ‘n oopdeur vir haar “kinders” gehad en was gelukkig in hul teenwoordigheid. Ek sal haar ook onthou as ‘n omgee-mens, wat haar kant gebring het en ‘n besonderse bydrae gemaak het tot die opbou van Sunfield Home Wellington.

Rus in vrede Magda, ons koester goeie herinneringe en jy sal altyd met ons by Sunfield wees.
Johan Liebenberg

Magda was a wonderful, caring person, who came just at the right time, when we needed a motherly, warm person to manage Sunfield, she and Flip, who as always there for her, made a great team and helped us create a home from home for our children.  She had a loving way about her and was genuinely interested in the well-being of all our residents. There will always be a little bit of her presence and legacy at Sunfield Home.

She will be sorely missed and may she rest in peace.
Chris

PERSONEEL

‘n Liefdevolle mens, ‘n goeie moederfiguur vir die inwoners en haar personeel. Sy het  altyd ‘n oor gehad om te luister en ‘ n mooi gesindheid teenoor mense. Sy was baie liefdevol.

Angeline

Die eerste keer toe ek Tannie Magda ontmoet het , het sy my met ope arms ontvang . Sy het my die kans gegee {die werk by Sunfield ] om te bewys dat ek wel geskik was vir die werk . Sy was ’n liefdevolle , goedhartige mens en het altyd ons as personeel se belange op die hart gedra . Sy was baie  vertroud en toegewyd met ons as personeel en met inwoners van Sunfield.  Ons kon openlik gesels oor persoonlike sake , haar kinders en haar grootword jare. Ek sal haar onthou as omgee mens want na haar aftrede by Sunfield ons nog gereeld gekontak het. Ek mis alreeds daardie WhatsApp boodskappies  en bemoediging. Rus in vrede.
Dorah

Tannie Magda soos ek haar geken het was i ferm tog streng maar liefdevolle mens. Liefde het uit haar gestraal . Sy was ‘n goeie raadgewer en  luisteraar.  Ons kinders het grootgeword hier by Sunfield.  Dankie dat u kon tyd maak vir ons as personeel en ons aanvaar het soos familie   Dankie vir lewenslesse, ons sal dit altyd koester.

Was bevooreg om iemand soos sy te ken. Rus sag.
Joan

Tannie Magda was ‘n saggeaarde mens. Sy het baie liefde vir almal uitgedeel en uit haar pad gegaan om almal te help. Ons kon met enige probleem na haar toe gegaan het . R. I.V tannie Magda
Des

Sunfield Inwoners

Tannie Magda het vir my baie beteken sy was altyd daa vir my en het altyd geluister wanneer ek wou praat . Sy was ‘n goeie mens, altyd bedagsaam , het altyd geglimlag en het ‘n hart van goud gehad. Madel

Sy was ‘n  goeie vrou en sy was destyds soos ‘n moederfiguur vir my. Sy kon my op my plek sit as ek uit lyn was. Sy het haar liefde gedeel met ons almal . Rus sag.
André

Tannie Magda was soos ‘n ware vriendin.  Mens het altyd  veilig gevoel as sy naby was.  Haar glimlag sal my altyd by bly. Sy was altyd gereed om te help as daar ‘n probleem was.
Quinton

Most loving and kind person ….mother figure to the whole of Sunfield ….R.I.P Tannie Magda

Tannie Magda was ‘n goeie bestuurderes. Sy het altyd die ekstra myl vir ons geloop soos wanneer sy vir ons kon gratis rugby kaartjies kry. Rus sag.
Jaco

Condolences to her bereaved family. Aunty Magda was always very nice to me.
May she rest in peace.
Andrew

I loved her very much and will miss her so much.
Roderick

She always helped us with the arrangements for doing the Safari marathon.

We will always love you.
Kim