021 873 5038 | 021 007 0034 elmarie@sunfieldhome.co.za

Connie  het grootgeword op ‘n plaas in Agter Paardeberg. Nadat haar broer en suster die huis verlaat het, het sy op 15 jarige ouderdom as huiswerker begin werk omdat sy die enigste broodwinner was, want haar pa was pa reeds oorlede en haar ma het versorging nodig het, hierna het die gesin na Wellington verhuis.

Nadat sy vir ‘n ruk lank huiswerk in Wellington gedoen het, is sy genader om as ‘n skoonmaker by Sunfield Home uit te help and is later aangestel as huismoeder. Haar drome het uiteindelik waar geword.

Connie se hande staan vir niks verkeerd nie en sy is ook  ‘n skoonmaker by Huis Liebenberg, maar help graag uit oral waar sy benodig word. Sy is duidelik baie trots op haar werk en voeg by Huis Liebenberg moet altyd skoon en netjies wees asook haar bestuur se kantore, want enige mens kan instap en dan moet daar ‘n goeie indruk gelos word!

Sy is altyd bereidwillig en altyd vriendelik – twee rare eienskappe wat ons baie waardeer! Sy begin dus ook haar dag met ywer en ‘n goeie gesindheid – iets wat aansteeklik is vir almal wat saam met haar werk. Wanneer sy wel die dag ‘n slegte dag het, gaan sy onmiddellik na haar bestuurder toe en praat haar hart leeg.

Met hierdie gesindheid is haar pad oop en dus wou ons weet wat sy sou wou wees as sy haar vingers kon klap en ‘n ekspert kon wees in iets anders?  Haar antwoord was dat dit haar droom was en steeds is om met intellektuele gestremdes te werk, maar as sy kon sou sy graag wou leer om met doofstom mense te werk.

Haar leuse is om te midde van swaarkry, op te staan en te lewe. Sy is bitter dankbaar vir die voorregte wat sy nou het en werk aanhoudend om iets in haar lewe te bereik, want haar ma het nie daardie voorreg of geleentheid gehad nie.

Een ding wat min mense van haar weet is dat sy haar bejaarde 90-jarige moeder, wat haar beide haar bene verloor het agv diabetes, versorg. As sy saans van die werk afkom, moet Connie sorg dat haar groente voorberei word en sy bly bid en glo dat daar daagliks voorsien sal word.

Connie  het ‘n 26 jarige dogter wat reeds getroud is en ‘n 20 jarige dogter wat so pas klaar is met skool. Sy het ook ‘n 15 jarige dogter wat nog op skool is en ‘n aangenome dogter van 23 wat gedurende die dag  na haar moeder omsien terwyl sy werk. Hulle is ‘n baie hegte gesin en staan mekaar by veral in tye van nood.

Vinnige feite:

  • Die beste kompliment wat sy al ontvang het was: “Connie, ek haal my hoed vir jou af vir alles wat jy al in die lewe bereik het.”
  • Haar gunsteling manier om te ontspan na ‘n besige dag is: Sy skop haar skoene uit, luister na geestelike musiek en begin met die voorbereiding van aandete, want dit gee haar vreugde en is haar ontspanning.
  • Haar guilty pleasure is… Sjokolade!
  • Kat of honde mens? Kat!
  • Verskuilde talente? Al die talente wat God haar geskenk het, leef sy uit.
  • As jy ‘n ander naam vir haarself kon kies, wat sou dit wees? Bianca.
  • Superkrag? As sy finansieel sterk genoeg was, sou sy haar eie huis gebou het, maar die advies van haar kollegas was om haar blyplekkie mooi en leefbaar vir haar en haar familie te maak en nie te wag vir eendag nie.
  • As sy een ete elke dag vir die res van haar lewe kon eet, wat sou dit wees? Vrugte

Wat ‘n inspirerende mens! Connie wil mense  uitnooi om die spesiale inwoners van Sunfield Home te kom ontmoet en hulle te leer ken.

“Ek sal vir hulle sê dat hierdie mense altyd baie spesiaal is. Leer hoe om met hulle te kommunikeer en leer ken hulle harte.”