Mareca is ‘n vriendelike en saggeaarde mens. As baba het sy op ‘n baie laat ouderdom begin loop en haar spraak het ook stadig ontwikkel en haar ouers het besef sy moes by ‘n instansie inskakel waar sy daagliks gestimuleer kan word. Alta du Toit het in hierdie behoeftes voldoen tot op die ouderdom van 16 waarna sy aanbeveel is om by Sunfield Home in te skakel.
Marece word in Desember 43 jaar oud en bly nou al tien jaar voltyds by Sunfield Home nadat sy aanvanklik as dagbesoeker ingeskakel het.
Louise Marais is Marece se hero, as daar gedans word geniet sy dit baie en snoepie tyd is ook ‘n treffer! Haar familie is baie tevrede met Sunfield Home en hoe sy met liefde hier versorg word.
Marece het n sagte plekkie vir diere en is baie lief vir haar hond, Sussa.
Haar ma vertel dat die lewe vir hul baie uitdagings inhou, maar dat hul as familie altyd kan besluit hoe hul daarop gaan reageer. Hul het Marece se agterstand nog nooit gesien as n uitdaging nie, maar as ‘n geleentheid waardeur God hul geleer het om weer die klein dingetjies in die lewe raak te sien en te waardeer.
“Kinders met ‘n gestremdheid lewe oop en sien net die mooi om hulle raak.”
Marece se gunstelinge:
- McDonald’s, Braai broodjies en Coke
- Leon Schuster se flieks