021 873 5038 | 021 007 0034 elmarie@sunfieldhome.co.za

Lorraine Lammert het groot geword in Wellington, skool gegaan by Weltevrede Sekondêre skool en voorheen gewerk as ‘n gemeenskapswerker by Right to Care.

Haar pad met gestremheid het begin to haar jongste suster geboorte geskenk het aan ‘n gestremde baba (hul engelkind). Dit was ‘n baie hartseer tyd vir hulle as familie en sy het haar hemelse Vader gevra om haar te gebruik om ‘n verskil te maak in ander mense met gestremdhede se lewens.

Sy het gehoor van Sunfield Home by een van haar vorige kollegas en het haar CV ingegee.  Bykans 4 jaar later is sy nogsteeds werksaam by Sunfield.

“Om hier te kan werk,” voeg sy by,  “moet jy ‘n “Jack-of-all-trades” wees”. Haar hoofdoel is egter as versorger en om daar te wees vir die inwoners met badtyd, skoonmaak van hul kamers en om hul te leer om onafhanklik te wees.

“Daar is baie dae wat die inwoners kwaliteit tyd nodig het  en dan moet jy as huismoeder as moederfiguur optree, deur te luister en raad te gee waar nodig, ‘n drukkie te gee en net weer ‘n glimlag op hul gesigte te sien.  Dikwels besef ek dan dat ek self daardie drukkie nodig gehad het om deur die dag te kom”.

Alhoewel elke dag uitdagings inhou, bly sy altyd so positief as moontlik en glo daaraan om soggens haar dag met gebed te begin en om na lofsang te luister terwyl sy haarself regmaak vir werk.

Vinnige vrae aan Lorraine:

Het jy enige verborge talente?

“Ek het my talente by Sunfield ontdek, want ek het nooit geweet ek kan ‘n aktrise wees of sing nie! Hier by Sunfield doen ek albei om inwoners soms te vermaak!”

As jy ‘n superkrag kon hê, wat sou dit wees?

“Fairy Godmother – ek wens ek kan al ons inwoners se drome vervul, want baie het drome en visie.”

Watter ander beroep sou jy graag wou volg?

“Definitief ‘n grimeerkunstenaar!  Ek is mal daaroor om mense te grimeer en oefen lekker op ons inwoners wat ook die bederf geniet.”

Wat is die belangrikste les wat jy al geleer het?

“Moet nooit iemand soos ‘n niemand laat voel nie, want almal verdien om soos  iemand te voel.”  Ons is almal gelyk en mense moet nie neersien op ander met gestremdhede nie, fokus op “abilities”, nie “disabilities” nie.

Wat is die beste advies wat jy al ontvang het?

“My 16 jarige seun het gesê:  When people throw stones at you, don’t throw them back, take them and built an empire with it.”