021 873 5038 | 021 007 0034 elmarie@sunfieldhome.co.za

Hendrik is op die ouderdom van twee en ’n half by sy ouers in pleegsorg geplaas. Hy kon op daardie ouderdom glad nie praat en slegs mamma sê. Sy ma, Amanda, vertel daar was baie uitdagings om te bowe te kom en  hy moes leer praat, hoe om die toilet te gebruik en vele ander vaardighede aanleer. Hy was ook nie in staat om in ‘n gewone skool te funksioneer nie.

Sy ouers het ‘n  onderwyser gehuur om vir hom 1 tot 1 klas te gee, maar dit was nie suksesvol nie en op die ouderdom van 12 jaar het hulle hom by ’n spesiale skool in Welkom ingeskryf. Met hul verhuising na die Paarl het hul van Sunfield Home by sy neef gehoor,  wat  ‘n opdrag vir die universiteit  oor Sunfield Home gedoen het.

Hendrik is nou al ongeveer twee en ’n half jaar by Sunfield Home. Hy het eers net as dagbesoeker gekom en toe gevra om voltyds by Sunfield te bly. As hy vir ’n week huis toe gaan, sal hy na ’n paar dae sê hy dink hy moet teruggaan, want die ander inwoners by Sunfield mis hom. Almal onthou sy woorde “Hallo outehuis!”

Hy is dus baie gelukkig by Sunfield en daar is altyd personeel en ’n suster aan diens wat na hom  omsien. Hy is baie netjies op homself, lief om werkies te doen en hy hou van roetine.  Hy is ook heel tevrede om enige iets te eet wat aan hom voorgesit word.

Sy gunsteling TV  programme is: Mr Bean, Vetkoekpaleis en Orkney snork nie.

“Kinders is ’n geskenk van God, dis partykeer moeilik, maar ons moet vertrou op ons Hemelse Vader, Hy sal jou  as ouer die krag gee en  jou daardeur dra.”