Sunfield Home Wellington se inwoners word jaarliks bederf met ‘n “pamper sessie” deur Projek Bietjie Liefde, ‘n projek wat 5 jaar gelede ontstaan het, toe Patricia Smit en haar dogter, Micia, besluit het om ‘n Paas-uitreik te doen… hul eerste uitreik was om kos aan 200 hawelose mense uit te deel, wat daarna ‘n jaarlikse gebeurtenis sou word.
Micia is gekies as Mej Jnr Tienier SA 2019 en gebruik haar platform om mense in nood te help. Sy is ook ‘n ambassadeur vir die Daniel and Friends Fund wat ouers met gestremde kinders bystaan en ondersteun.
Patria & Micia het ‘n jaarlikse projek waarop hulle baie trots is, nl, die Special Needs Pageant wat hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aantrek as ‘n talentvertoning. Die mense wat verlede jaar deelgeneem het, het op die verhoog gesing, gedans en daar was ook ‘n drama stuk opgevoer. Dit was so motiverend om te sien dat hulle besluit het om hierdie jaar vir almal ‘n geleentheid te gee om enige talent te kom ten toon stel, al is dit hoe klein of hoe groot. Dit sal op 13 Julie plaasvind. Alle ouderdomme mag deelneem en alle deelnemers kry ‘n sertifikaat en ‘n geskenkie, want almal is wenners.
Verder reik hulle ook graag uit na Tygerberg Hospitaal se G3 saal, waar kinders behandel word wat met Kanker gediagnoseer is. Hulle is ook die
ko-ordineerders van ‘Cupcakes 4 Kids with Cancer’ in die Paarl Mall gedurende September.