Sunfield Home Wellington residensiële fasiliteit en beskermde werkswinkel vir intellektueel gestremde volwassenes is ‘n goed gevestigde nie winsgewende maatskappy en beskik tans oor die volgende geleentheid:
Geregistreerde Verpleegkundige
Primêre Vereiste:
‘n Diploma/Graad in Verpleegkunde met 5 jaar toepaslike ondervinding in Primêre Gesondheidsorg en/of Psigiatrie. Rekenaarvaardig en geldige bestuurderslisensie. Ondervinding van intellektueel gestremdes sal in die aansoeker se guns tel.
Verantwoordelikhede:
Bestuur van siekeboeg, mediese en versorgingsdienste aan inwoners / dagbesoekers * Uitvoer van roetine verpleegkundige prosedures asook toepaslike mediese hantering * Verwysing na dokters, hospitale en ander terapeutiese dienste * Koordinering en hantering van noodgevalle insluitend na-ure noodgevalle, * Beheer, bestuur en verspreiding van medikasie en mediese voorrade * Inspeksies van fasiliteite om uitstekende gesondheid en veiligheid te handhaaf * Koördinering en toepassing van gesondheid- en veiligheidsplan * Bestuur en opleiding van versorgers * Kweek van ‘n ondersteunende en deernisvolle omgewing om optimale versorging van die inwoners te verseker.
Die ideale kandidaat kan goeie menseverhoudinge handhaaf, is baie geduldig, liefdevol en empaties, en is ‘n mens-mens. Die saak van die gestremde verstaan en deernis daarvoor het. Die prioriteit is om die inwoners se welstand te bevorder deur verpleegsorg van hoë gehalte in ‘n veilige omgewing te verskaf.
Aansoekprosedure:
Doen asseblief aansoek deur u CV en motivering te stuur aan elmarie@sunfieldhome.co.za teen Vrydag 18 Augustus 2023. Vir enige verdere navrae kontak vir Elmarie van Schalkwyk by 021 007 0034.
Diensaanvaarding:
So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was