021 873 5038 | 021 007 0034 elmarie@sunfieldhome.co.za

Sr. Veronica is gebore en het groot geword in Ceres en het haar verpleegopleiding by Grootte Schuur en kraamopleiding by die Skiereilandse Kraamhospitaal ontvang. Sy was hierna vir jare by onder andere Tygerberg hospitaal, Ceres provinsiale hospitaal, ‘n tehuis vir bejaardes asook Ceres privaat hospitaal en Worcester Mediclinic werksaam.

Haar 50 jaar ondervinding sluit ook navorsing vir Universiteit Kaapstad oor Tuberkulose en HIV in en ‘n pos by Anova Health waar sy opleiding oor die hantering van HIV gedoen het.

Op 1 Februarie 2019 het sy as Professionele Verpleegkundige by Sunfield Home begin werk en is verantwoordelik vir die bestuur van Huis Liebenberg deur om te sien na die inwoners se versorging en algemene welstand en as skakel tussen ouers, bestuur en huismoeders en inwoners te dien. Sy reël dokters- en kliniekbesoeke en vergesel inwoners as hul familie nie kan nie.  Sy moet ook seker maak dat die fasiliteit voortdurend aan al die standaarde en protokol wat deur die Departement van Gesondheid, Departement Maatskaplike Dienste en Sunfield Home voorgeskryf is, voldoen.

Sy geniet die feit dat sy met mense werk wat van haar versorging afhanklik is en beskou dit as ‘n voorreg om gesond te kan wees en te kan werk met Sunfield Home se spesiale mense.

Volgens Sr, Veronica is mense met gestremdhede unieke wesens wat gerespekteer, gewaardeer en liefgehê moet word. Hul het net so ‘n reg om aanspraak te maak op hul menseregte as ander en moet nie as minderwaardig beskou word nie.

Sr Veronica is geskei en het twee dogters. Haar oudste het finansiële bestuur gestudeer en by Absa gewerk tot en met haar afsterwe op 23 jarige ouderdom in April 2000. Sy het geen kinders gehad nie.  Haar jongste dogter is ‘n persoonlike assistent en het Inligtingstegnologie gestudeer. Sy is al tien jaar by UWK werksaam, is geskei en het een seun.

Haar gunstelinge:

Kos:  Enige gesonde kos, geen kitskos of souse, baie vrugte en groente.

Drankie: Tee.

Droomvakansie:  ‘n Eiland

Stokperdjies – Kook en bak, brei, hekel en naaldwerk.