Soos enige verwagtende moeder, het Nomvuyo verwag dat sy ‘n neuro-tipiese kind sou hê. Alles het volgens plan tydens haar swangerskap verloop, alhoewel die geboorteproses baie lank geneem het en sy uiteindelik ‘n keiser moes ondergaan. ‘n Klein dogtertjie met die naam Nangamso is gebore.
Aanvanklik het Nangamso al haar mylpale bereik behalwe dat sy eers op twee-jarige ouderdom leer loop het. Op drie-jarige ouderdom het dit egter duidelik geword dat sy nie by gewone onderrig kan inskakel nie en haar reis met spesiale skoling het begin.
Voordat sy by Sunfield Home kom woon het, was sy by ‘n Duits-gebaseerde instansie in Hermanus wat aan haar onderrigbehoeftes voldoen het tot en met hoërskool. Sy woon sedert 2002 by Sunfield Home en geniet die geselskap van haar mede-inwoners, die personeel en aktiwiteite terdeë asook die feit dat sy enige tyd kan huis toe gaan. Die onafhanklikheid wat sy demonstreer is ongelooflik en word baie deur haar moeder waardeer. Sy geniet musiek en Nomvuyo se wens is dat sy hierdie talent verder kan ontwikkel.
Nomvuyo vertel dat sy haar kind se gestremdheid aanvaar het toe sy besef het dat dit baie erger kon gewees het. Sy glo dat mense met gestremdhede ‘n geskenk van God is en dat hulle verdien om liefgehê en regverdig behandel te word.